Verlof tot appèl toegestaan in Walus-saak

Tydens 'n vroeëre betoging teen Janusz Walus se vrylating. Foto: ANA

Tydens ‘n vroeëre betoging teen Janusz Walus se vrylating. Foto: ANA

Die hoogste hof van appèl het die ministerie van justisie se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating op parool, goedgekeur.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Maart beslis dat Walus, ʼn Poolse immigrant wat Chris Hani in 1993 vermoor het, binne 14 dae vrygelaat moet word en minister Michael Masutha se aansoek om verlof tot appèl afgekeur.

Masutha het daarna die hoogste hof van appèl genader en hooggeregshofregter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen het Walus se versoek, om uit aanhouding vrygelaat te word hangende die uitslag van die minister se aansoek by die Bloemfonteinse hof, afgekeur.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die ministerie van justisie, het Dinsdag bevestig die aansoek was suksesvol.

Hani se familie was ontstoke toe Walus se paroolaansoek aanvanklik goedgekeur is.

Hani was die leier van die SAKP toe hy, ʼn jaar voor Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing, buite sy huis doodgeskiet is.

Walus het al 23 jaar tronkstraf uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Buitestander ·

Nou ‘n vertragings taktiek van die ANC/SAKP om geregtigheid te laat geskied!

Lance ·

Reels en wet is vir almal dieselfde ….daar is nie n klein moord of n groot moord nie….groot of small korrupsie nie ….steel is steel ….so hoewel dit baie mense grief is dit die wet ….bring dan die doodstraf terug ….sal dalk baie help veral as mens kyk hoe botswana min moorde het omdat hulle die doidstraf nog het …

Cherokee ·

Volgens regter Masipa het die publiek se mening ‘n uiters klein rol (indien enige) gespeel in die vonnisoplegging van Pistorius. Êrens in een van die magdom skrywes oor die saak was dit so berig. Dit blyk egter kompleet anders te wees in Walus se saak.

Andre ·

En intussen moes hulle in elk geval nooit in die tronk gewees het nie, maar moes saam met al die ANC oortreders amnestie gekry het.

Stefaans ·

Stem saam – dit is jammer dat ‘n immigrant, wat aan ons kant baklei het, die prys moet betaal. Terloops, wat het van die Eikenhof moordenaars geword?

snoefie ·

die man het sy straf uitgedien ongeag wat sy slagoffer se FAM vowel.

Johann Smith ·

Dit is die belaglikste situasie waar familie kan besluit of iemand wat sy straf uitgedien vry gelaat kan word al dan nie. Hoeveel ander wrede moordenaars van boere om maar net ‘n voorbeeld te noem,, is al so benadeel. Dit is tyd dat geregtigheid nou geskied. Word wakker mense.

Theresa B ·

Ag regtig!! Alles geld vir die een hand maar niks vir die ander…………………….

Jan maak n Plan ·

Duidelik dat die reg in SA van buite af beheer word.

Scalla ·

Moes jare terug al uit gewees het op parool tydens amnestie proses, wat het hani se familie met die wetgewing te doen. Shaik was so terminaal siek volgens sy mediese toestand en hy lewe nog, wonderwerke gebeur nog, maar lyk my net soos dit hulle pas.

Lida ·

Scalla het jy vergeet wie Shaik is? Dit is Zuma se grootste “pal” en hy is vrygelaat om sy mond te hou. As hy vandag begin praat sal ou Zuma nie weet wat hom getref het nie.

Berhalet Beukes ·

Het die EFF berou oor die rassemoorde wat hulle aanhits? Het die ANC berou oor die oorweldigende misdaad wat handuit geruk het? Dis lekker om te oordeel en ‘n politieke speletjie te speel vir eie gewin, is dit nie? Kom ‘n bietjie hy in die lewe en begin praat sin! Dan sal iemand dalk luister.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.