Verloofde tydens sakeroof doodgeskiet

Chantelle Jacobs Foto: Facebook

Chantelle Jacobs Foto: Facebook

Chantelle Jacobs is Saterdag doodgeskiet en haar verloofde gewond tydens ʼn sakeroof by Wentrans op ʼn kleinhoewe in Heidelberg, Gauteng.

“Vier gewapende persone het met hul eie vragmotorperd by Wentrans opgedaag,” het kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie, Sondag aan Maroela Media bevestig. “Die persone het die veiligheidswag en werknemers van Wentrans aangehou en in ʼn vraghouer toegesluit.”

Funda sê die verdagtes het ʼn sleepwa, wat koperdraad vervoer het, agteraan hul vragmotorperd vasgemaak en begin wegry. Net toe hulle by die hek wou uitry, het nog ʼn werknemer, Marius Jansen van Rensburg en sy verloofde, Chantelle Jacobs, daar aangekom. “Die verdagtes was verras deur hul teenwoordigheid en het op die motor losgebrand.”

Volgens Funda het polisiebeamptes op die toneel 10 patroondoppies opgetel. Daar was agt koeëlgate in die motor.

Jansen van Rensburg is in sy linkerbeen en regterarm getref. Hy is na ʼn hospitaal geneem.

“Paramedici het Jacobs op die toneel dood verklaar,” het Funda bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord, en sakeroof.

Die toneel by Wentrans Foto: Heidelberg Medic Volunteer, Facebook

Die toneel by Wentrans Foto: Heidelberg Medic Volunteer, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Chantelle dit was nie jou tyd nie. Swak arogante regering is die oorsaak van jou dood. Ons is ‘n verslae land. En ek het nie eens versagtende woorde om my self te laat beter voel nie.
Hoe lekker lewe die misdadegers as hul met so groot vragmotor al gaan steel,,,,

stella Raath ·

Dit is so pragtige meisie wat se lewe nog voorle. Sterkte aan haar verloofdr en Fsmlie. Bring die doodstraf terug.

Hannelie ·

Baie baie sterkte aan die familie. Ons land is in sy dinges in omdat ons regering so vrot is. Dis absoluut ‘n siek besigheid. Deesdae beteken ‘n lewe niks!! En die ministers wil niks doen nie. En more sit hul in tronk om net ‘n paar dae of maande weer vrygelaat te word. Ons regering gee eintlik die groen lig, wat jy doen moordenaar is ok met ons!!

Thea Swanepoel ·

Wat vir my erg is dat dit nie moord gaan wees nie, maar ‘n sakeroof. Simpatie met die verloofde en familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.