Verlore kleuter se ouers jaar later steeds soek

Die kleuter wie se ouers na ‘n jaar steeds soek is. Foto: Verskaf deur SAPD

Die polisie in Limpopo het die hulp van die publiek versoek om die ouers op te spoor van ʼn 4-jarige dogtertjie wat meer as ʼn jaar terug alleen in ʼn winkelsentrum se badkamer gevind is.

Konst. Mienkie Ramakgoakgoa, woordvoerder van die polisie, het gesê die kleuter is op 8 Junie 2017 in die badkamer van ʼn winkelsentrum in Polokwane gevind. Sy was alleen en daar was geen volwassenes in die omtrek wat na haar omgesien het nie.

“Die dogtertjie het gesê haar naam is Amo. Sy het ook gesê haar ma se naam is Kabelo en haar ouma se naam is Anna. Sy weet egter nie waar sy vandaan kom nie,” sê Ramakgoakgoa. Sy het gesê die dogtertjie is sedertdien in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Meer as ʼn jaar later kon die polisie nog geen vordering maak in hul ondersoek om Amo se ouers op te spoor nie. Ramakgoakgoa sê dat hulle daarom nou ʼn foto van die kleuter uitreik in die hoop dat iemand haar sal herken en die polisie met inligting sal kan voorsien om haar naasbestaandes op te spoor.

Enigiemand met inligting oor die kleuter word versoek om sers. Shilajwe by 073 082 9714, Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mrs.B ·

Hoe kan ouers hulle eie vlees en bloed agter laat en net nie omgee nie? Wat word van ons mensdom? My hart breek as ek berigte soos die lees. Ek het 3 kinders, almal nou al volwasse, hulle het ook al kinders, maar my kinders weet elke sekonde van die dag waas hul kinders is. Ek hoop die ouers word op gespoor en BAIE swaar gestraf.

Tanzie ·

Ek hoop nie hulle is opsoek na die ouers om die kind terug te gee vir hulle nie. Nie eers ‘n hond los sy kroos net so aan hulle eie genade nie. Maar, ons bly in SA en hier gebeur enige iets.

Andrea ·

Ek stem! Ses maande nadat sy met die ‘ouers’ herenig is, lees ons sys vermoor of vir muti verkoop… Los haar waar sy is, veiliger v haar.

M ·

Ai die lewe darem. Wonder wat is ergste om jou kind te hou al wil of kan jy nie meer sorg vir haar nie of om weg te gee…. natuurlik weet meeste mense nie dat hul hulp moet gaan soek in so n geval nie. Verwaarlosing sal met tronkstraf gestraf word en dis reg. Opvoedig !!

Mrs H ·

Haar mamma kon moontlik opgeraap gewees het in dieselfde badkamer met mense handel kriminele… Dit het al gebeur.

Mr H ·

Of soos hoeveel keer tevore dat hulle net die kind gelos het.

Sandy ·

Ek wonder of daar nie sekuriteitskameras was om te sien wie die mense is wat saam met haar in die badkamer ingegaan het nie? Ek dink as iemand haar wou terughe, sou hulle haar as vermis by die polisie aangegee het. Haar mense het haar soos ‘n vuil lap weggegooi. Ek dink dis ‘n skande.

Dink net ·

Na n jaar reik die polisie n onduidelike foto uit… dis onaanvaarbaar.
Die arme kind moet haar mense baie mis en verstaan seker nie hoekom hil haar nie wil he.
Daar kon enige iets met die ma gebeur het…maar indien nie…lewenslange tronkstraf as hul haar opspoor.

teen verwerping ·

sy is weggegooi maar haar kindertoelaag word nog elke maand ongepalm. dis tyd om die toelae te stop. as !ense kinders nie kan bekostig nie, moet hulle beboet wors as hulle in elk geval kinders kry.

Vee ·

Daar word n foto uitgereik . . . N ONDUIDELIKE FOTO HOEKOM??????
Wat van kameras wat by sentrums is , kon daarop niks gesien word nie
Die feit dat sy lewend gevind is is bo als n wonderwerk !!!!
Hier kom n tragiese verhaal . . . gee kans

Sonya ·

En dit is juis hoekom Ek my kindertjies van kleins af leer wat is mamma en Pappa se name, watse tipe Kar ons ry, wat ons adres is, wat ons sel nrs is…. Maar iets hier se Vir my dat die polisie Nie regtig belang stel om haar ouers op te spoor Nie….. Al n jaar en nog niks?? Nee man hoe moeilik Kan dit Nou eintlik wees? Die arme bloeitjie. Maar Wie weet dalk is sy beter af Nou waar SY is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.