Vermeende Acornhoek-verkragter agter tralies

(Argieffoto: Josh Hild/Pexels)

ʼn Vermeende verkragter en rower wat slagoffers in die Acornhoek- en Calcutta-omgewing in Mpumalanga jare lank geteister het, is agter tralies.

Die 37-jarige man word daarvan beskuldig dat hy tussen November 2019 en Desember vanjaar vir verskeie van dié voorvalle verantwoordelik was.

Die verdagte is Dinsdag in die Acornhoek-gebied aangekeer en sal Vrydag in die landdroshof verskyn op verskeie aanklagte van verkragting en gewapende roof.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die man het talle vroue glo die afgelope twee jaar oorrompel, verkrag en dan beroof. Verskeie aparte sake is aanhangig gemaak en ʼn span van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe is opdrag gegee om die sake te ondersoek en die verkragter aan te keer.

Hulle het die verdagte vandeesweek opgespoor en in hegtenis geneem.

Genl.maj. Buti Lekubu, waarnemende polisiehoof in die provinsie, het die inhegtenisneming verwelkom en ʼn beroep op ander slagoffers gedoen wat moontlik nie die voorvalle aangemeld het nie, om ook na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.