Vermeende bankrower by Centurion-sentrum geskiet

Foto verskaf deur ER24

ʼn Man is Woensdagmiddag in ʼn skietery tussen owerhede en verdagtes beseer ná ʼn rooftog by ʼn bank in Centurion.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 14:40 by die toneel opgedaag. Verskeie owerhede was reeds op die toneel. “ʼn Man het langs ʼn motor gelê en ʼn ander nooddiens was reeds besig om hom te behandel.”

Die man het ʼn skietwond in sy bekkenbeen opgedoen. Hy is in ʼn ernstige toestand. “Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Meiring bygevoeg.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

Yusuf Abramjee, die teenmisdaad-aktivis, het op Twitter gesê twee verdagtes is in hegtenis geneem en bevestig die voorval het by die Standard Bank plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KB ·

Van wanneer af is dit owerhede? Is dit polisie (SAPD), sekuriteitswagte of plaaslike polisiëring (GPF). Dit is verwarrend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.