Vermeende bankrowers gefnuik

Argieffoto

Argieffoto

Sestien mense wat glo beplan het om ʼn bank in Klerksdorp in Noordwes te beroof, is Donderdag in hegtenis geneem.

“Die polisie en die Valke het op ʼn wenk reageer,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Volgens die inligting wat ons tans tot ons beskikking het, is vier verdagtes binne die bank in hegtenis geneem en nog 12 is by die gesteelde wegkomvoertuie in die parkeergebied aangekeer.”

Ngubane sê die polisie het beslag gelê op twee AK47-gewere, drie magasyne en handwapens waarmee die verdagtes gewapen was.

Geen kontant is tydens die voorval gesteel nie.

“Die groep staan tereg op aanklag van poging tot sakeroof en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie,” het hy bygevoeg. “Hulle sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Klerksdorp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

frik ·

Wat van die klag Rondom die gesteelde kar wat hulle die ander by gekry het.Of is dit normaal in suid afrika

alet ·

Hulle gaan almaal borg kry more doen hulle dieselfde die tronke is oor vol daar is nie plek vir n muis nie.Hoekom maak hulle nie bekend van die aantal mense wat gevang word.. Blank swart kleurlinge en insuipelaars .hoeveel van suid afrika is in tronke ons as publiek sal graag wil weet

HEVW ·

Nee, die tronke is nie oorvol nie. Hulle is bykans leeg. Hulle gaan op borgtog uit en dan vat dit maande en nog langer voordat hul verhoor word. Ander ontsnap weer deur middel van bystand en nalatigheid. Ons hoor dan daagliks dat niemand nog met die voorval in hegtenis geneem is nie.

Ilze Smith ·

Volgende week lees ons ‘n artikel oor 16 Bankrowers wat ‘n Bank beroof het terwyl hulle uit was op borgtog van R500-00 elk, en volgende week gaan dit erger wees. Geld geroof en mense gedood in die proses!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.