Vermeende bedrieër in hof oor R3,4 miljoen

Bongani Sydwell Mkhatshwa (Foto verskaf deur die Valke)

Bongani Sydwell Mkhatshwa (40) is Vrydag in die Nelspruit-landdroshof vrygelaat op borgtog van R10 000 op aanklag van bedrog.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) sê die Valke se eenheid in Nelspruit, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, het Mkhatshwa in hegtenis geneem ná ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Hy staan tereg op aanklag van bedrog, diefstal of alternatiewelik oortreding van artikel 235 van die Wet op Belastingadministrasie.

“Die beskuldigde word daarvan verdink dat hy in Maart 2019 vervalste belastingopgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien het. Die SAID het verliese van meer as R3,4 miljoen gely.”

Tydens die ondersoek is onthul dat Mkhatshwa in Maart 2018 saam met medebeskuldigdes ook vervalste belastingopgawes ingedien het. Hy is in dié verband op 18 Julie 2022 in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat. Die saak is nog hangende.

“Albei sake is tot 3 November 2022 uitgestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SjN ·

Weereens uit op borg en uitgestel, iemand binne Sars deel in die deal.

Flip ·

Wanneer hoor ons van Rampie se belasting ontduiking saak? Of het hy die dollars in sy meubels verklaar?

Wendy ·

Ja SARS en dit het jul uitbetaal , ek wat wettiglik geld geskuld word die betaal julle nie uit nie selfs nadat ek my review dokumente dieselfde dag ge upload het, 21dae wag , doen niks daaraan , bel , escalate matter , nog 21 dae wag !!!!!!?????

Christine ·

SARS moet gaan kyk die multi-miljoen Rand besighede in Soweto. Niemand van hulle is eens as besighede geregistreer nie, wat nog te sê opgawes Indien.

Delia ·

Presies, maar my salaris staan op papier. Nou moet ek help betaal aan regering se water en ligte. Korrupte spul. Genoeg geld is net nooit genoeg

Kobus ·

R10, 000 is minder as die maandelikse rente op daardie bedrag. Hoekom word borgtog nie bepaal op 10% van die beweerde bedrag nie?

My siening ·

Jy kry n graad in bedrog net by anc en eff, goeie dosente ne Cyrel!

Dries ·

Nee, dit is hoekom hulle uit is op borg vir belaglike bedrae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.