Vermeende bendebaas glo in hospitaal geteiken

Foto: ANA.

Drama het glo Donderdag by die Wes-Kaapse hospitaal ontvou waar die beweerde bendebaas behandel word nadat hy vroeg Woensdagoggend buite die Kaapstad Internasionale Lughawe tydens ʼn skietery gewond is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, wou slegs bevestig dat een man in hegtenis geneem is in verband met ʼn voorval wat by dié hospitaal afgespeel het.

Rwexana sê die man is glo in hegtenis geneem in verband met ʼn gesteelde voertuig en sal in die Bellville-landdroshof verskyn sodra hy aangekla word. Die voertuig in die man se besit, waarmee hy glo na die hospitaal gery het, was gesteel. ʼn Verdere aanklag is nog nie gemaak nie.

Volgens talle mediaberigte het ʼn man, wat hom glo as ʼn vrouedokter vermom het, toegang tot die saal probeer verkry waar Jerome “Donkie” Booysen, vermeende leier van die 26-bende en Sexy Boys, behandel word.

Dit volg nadat Booysen Woensdagoggend in ʼn skietery, wat glo bendeverwant is, gewond is en steeds in dié hospitaal behandel word. Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het vroeër vandeesweek bevestig dat ʼn omstander ook in dié voorval raakgeskiet en na die hospitaal gehaas is.

ʼn Geveg het glo ook buite die hospitaal waar ʼn groep gewapende mans saamgedrom het, ontstaan. Dit is nie seker of dié geveg met die skietery by die Kaapstad-lughawe verbind kan word nie.

Die polisie wou nie bevestig dat Booysen in die hospitaal geteiken is nie. Sekuriteit is glo wel by die hospitaal opgeskerp en geen pasiënte is na wat berig word in gevaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

LOL… skerp Deon, dit is lekker om somtyds kliphard te lag vir ‘n kommentaar :-)

Antjie ·

‘n Man is in hegtenis geneem vir voertuigdiefstal nadat hy homself soos ‘n dokter vermom het en toegang tot “Donkie” se saal probeer kry het?? Iets is nie pluis nie!

CHRISTA ·

Wat maak ‘n bendebaas by die lughawe? Waarom is hy nie onder arres nie? Moet ons landsburgers SELF hierdie kriminele arresteer? Is ons polisie net daar vir “window dressing”?

Leahim ·

Klink vir my donkie is in die moeilikheid pleks gaan sit hy sy bende bedrywighede voort in Nigerië of Somalië

Medies ·

Dit lyk my sy medies is darem betaal om sonder probleme opgeneem te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.