Vermeende bendelede in JHB aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Vier vermeende bendelede is in Doornfontein in Johannesburg aangekeer in verband met ʼn verskeidenheid van misdade.

“Die vier verdagtes is Vrydagaand in hegtenis geneem toe metropolisie ʼn verdagte wit Nissan Tiida afgetrek het,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, Sondag gesê. Die bestuurder van die voertuig kon ontsnap, maar sy vier passasiers is in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens. Die Tiida is glo ook in Augustus in Moffat View gesteel.

“Die vier is glo lede van die Tsunami-bende,” het Minnaar bygevoeg. Die persone word aangekla van verkragting, sakeroof, kaping en voertuigdiefstal. Die misdade is in Alexandra, Bedfordview, Lenasia, Norwood, Jeppe, Katlehong, Kensington en Bramley gepleeg

“Hulle sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.