Vermeende brandstigters bly in aanhouding

Argieffoto

Vier persone wat van brandstigting verdink word, het Woensdag in die Mmabatho-landdroshof in Noordwes verskyn.

Andile Makhaza (26), Kagiso Mamatu (30), Lesedi Molelekwa (33) en Mamatu Nkosinathi (33) is Maandag in hegtenis geneem in verband met ʼn brand wat by die departement van landbou en landelike ontwikkeling (READ) gestig is. Die brand het op 15 April 2019 omstreeks 16:15 uitgebreek in die ontvangsarea en die kantoor van die departementshoof, het sers. Lesedi Dingoko, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die mans bly in aanhouding en moet op 25 April weer in die hof verskyn vir hul formele aansoek om borgtog.

“Die beskuldigdes het na bewering die gebou omstreeks 16:00, met toestemming van die sekuriteit, betree. Hulle het aangedui dat hulle die departementshoof wil besoek. Die sekuriteit is ʼn paar minute later in kennis gestel dat ʼn brand in die kantoor uitgebreek het,” het Dingoko bygevoeg. “Hulle is uitgeken en op die perseel in hegtenis geneem. Nege persone is in ʼn hospitaal opgeneem as gevolg van rookinaseming.”

Die motief van die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die Motief vir die voor al is om die gebou af te brand om seker maar wraak te neem oor ietsie wat hul nie aangestaan het, of nie mee saamgestel het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.