Vermeende dief erg deur Limpopo-inwoners aangerand

Die vermeende dief se uitgebrande voertuig. Foto: ANA

Die vermeende dief se uitgebrande voertuig. Foto: ANA

Woedende inwoners van ʼn nedersetting in Limpopo het Sondagaand glo ʼn vermeende beesdief gevang, erg aangerand en sy voertuig aan die brand gesteek.

Die dief, na bewering ʼn sleutelfiguur in ʼn beestediefstal-sindikaat, is gevang terwyl hy besig was om beeste in die bos by die Bale-nedersetting net buite die Krugerwildtuin se Pafuri-hek te slag. Na bewering het die inwoners die man en sy twee medepligtiges in die bos gesien waar hulle die diere geslag het en hulle voorgekeer.

Die twee medepligtiges kon egter daarin slaag om in die bos in te vlug. Die inwoners het die vermeende baasdief gegryp, hom in sy voertuig geboender en met hom weggery. Hulle het later stilgehou waar hulle ʼn byl en slagmes by hom afgeneem het voordat hulle hom erg aangerand het. Hulle het ook sy voertuig aan die brand gesteek.

Die verdagte is deur polisiebeamptes wat van diens af was gered en na ʼn polisiestasie naby die Zimbabwiese grens geneem. Ao. David Marodi, polisiewoordvoerder, het die gebeure bevestig.

Volgens die inwoners, wat grootliks ʼn lewe uit beesboerdery maak, word hulle vee gereeld gesteel en uit die land na Botswana, Mosambiek en Zimbabwe gesmokkel. Die beeste word soms ook geslag en die vleis aan informele vleismarkte in Musina en Thohoyandou verkoop.

Mpho Rasilavhi, die hoof van die nedersetting, het gesê inwoners moet noodgedwonge gereg in eie hande neem aangesien die verdagtes wat wel deur die polisie gevang word, binne ʼn paar dae op borgtog vrygelaat word en net weer terugkeer om weer te steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Dis wat gebeur met borgtog en sake wat sloer. Veediefstal was altyd ‘n ernstige wetsoortreding. Dis so al asof hier ‘n ander storie agter hierdie storie is? Gelukkig het die byl en slagmes nie in die slag gebly.

SNEL ·

Ai tog, as jy die polisie nodig het kom hulle nie en as hulle op doughnut diens moet wees daag hulle uit die bloute uit op. Duidelik het die gemeenskap genoeg gehad.

RITA ·

Ja Delia ek lag nou lekker …………..hulle gaan dit later vir “necklaces” gebruik vir ander diewe:)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.