Polisiebeamptes van Johannesburg-Sentraal het beslag gelê op twee gesteelde motors in Freedom Park, en ontdek dat die vermeende dief reeds in aanhouding is.
Polisiebeamptes was besig met roetinepligte toe hulle twee motors getoets het, het kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê.
“Daar is bevestig dat een van die motors, ʼn wit Toyota Tazz, in Orange Farm in Mei 2017 gesteel is. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn donkerrooikleure Honda sonder nommerplate of ʼn lisensieskyf. Toe hulle dit vergelyk het, het hulle ontdek dat iemand met die enjin gepeuter het,” het Mbele verduidelik.
Die onderwyseres wat op die perseel bly waar die motors gevind is, het aan polisiebeamptes gesê die motors behoort aan haar 36-jarige broer. Hy is in Mei deur Booysens-polisie in hegtenis geneem nadat hy met gereedskap betrap is wat gebruik word om motors te steel. Die man is steeds in aanhouding.
Die polisie se ondersoek duur voort. Die verdagtes sal nou ook aangekla word van die besit van gesteelde motors.
Jy is werkloos en jonk – volgens werkloosheid statistieke. Jy gaan by misdaad betrokke word. Hoekom? Want jou ouers glo aan die SASSA kaart. Jou hulp vir hul misbruik.
Nou dit is hoe polisie werk gedoen word!
Wys hulle foto’s sodat almal kan sien hoe hulle lyk en as jy dan so iemand naby jou kar gewaar dat jy op jou pasoppens kan wees.
Name them, shame them en wys hoe hulle lyk
As jy die modelle van voertuie kyk is hul nog beginners, shame, arme weesies.
Stem saam met Frik wys hulle gesigte al sit hulle agter tralies. Hulle is tog net ‘n gemors vir die samelewing. hulle moet bly waar hulle is.