Vermeende diesel-diewe glo op heterdaad betrap

Foto verskaf deur die Valke

Drie persone, wat daarvan beskuldig word dat hulle diesel gesteel het, is in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê beamptes het ʼn wenk ontvang dat die drie mans op pad is om diesel te steel by Umpunzi-oopgroefmyn. “Die span, in samewerking met Witbank-polisie en Bidvest Protea Coin Security, het gesien hoe die verdagtes Dinsdagaand die perseel in ʼn tenkwa betree. Hulle het dadelik die voertuig met diesel begin volmaak.”

Hoewel die foto van die tenkwa wat deur die Valke verskaf is wys dat die betrokke voertuig met Unitrans se embleem gemerk is, het dié maatskappy Maroela Media verseker dat die voertuig ‘n ruk gelede verkoop is en dat geen van Unitrans se voertuie óf personeel by dié voorval betrokke was nie.

Beamptes het die verdagtes gekonfronteer en hulle dadelik in hegtenis geneem. “Hulle het ʼn sekuriteitsplaatjie in hul besit gehad wat hulle toegang gegee het tot die myn,” het Sekgotodi verduidelik. “Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming gelei van die veiligheidswag wat vermoedelik kop in een mus was met die verdagtes.”

Sowat R30 000 se diesel is reeds in die tenkwa ingepomp. Dit is teruggegee aan die myn.

Die verdagtes, tussen 40 en 42 jaar oud, sal na verwagting op 14 April 2020 in die Witbank-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Schalk N ·

Puik diens aan alle betrokke persone. Hopelik word die 3 ORDENTLIK gestraf gedurende die “lock down” tyd perk.

Rodger17 ·

Lockdown blyk ideale tyd te wees vir misdaad.Straf misdadigers swaarder in hierdie tyd want hul is nie suppose om op straat te wees nie.Miskien moet polisie en weermag eerder hul toespits op die skurke en ophou die publiek te slaan en skop

Scalla ·

Dit is beslis nie die eerste keer wat hulle dit doen nie, hulle was nie honger nie, hoogs betaalde skelmstreek, solank daar n afset is sal dit nie stop nie, hoop hul en die kopers word swaar gestraf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.