Vermeende diewe aangerand

boeie 5Twee vermeende diewe is vir huisbraak en diefstal in Kagiso naby Roodepoort in hegtenis geneem nadat inwoners hulle aangerand het.

“Die twee is Maandagaand omstreeks 22:00 in hegtenis geneem en onder polisiebewaking by ʼn plaaslike hospitaal opgeneem,” het ao Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die klaer is Saterdag omstreeks 16:00 by haar plakkershuis weg om by familielede te gaan kuier,” het hy gesê. “Sy het Maandag omstreeks 05:00 ʼn oproep van haar suster ontvang dat iemand by haar huis ingebreek het.”

Die vrou het dadelik teruggekeer na haar huis toe om die skade te bepaal. Haar deur het wawyd oopgestaan en haar besittings het oral rondgelê. “Tien pare skoene en ʼn DVD-speler is gesteel,” het Sibiya gesê. “Bure en gemeenskapslede het glo gesien toe die verdagtes haar huis verlaat het. Hulle het die verdagtes agternagesit, gevang en uiteindelik aangerand.”

Die polisie is later ontbied en beamptes het die twee beseerde verdagtes in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

Nou wat het hulle verwag, moes hul elkeen n soen van gelukwensing gekry het, skelm uitvaagsels!

Waks ·

#Stoere Boer is nie dat iemand mal is oor skoene nie daai skoene gaan verkoop word vir ‘n rokie (drugs) hulle sal nie self daai skoene kan dra nie so iemand sal dit koop en met daai geld reguit drug den toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.