Vermeende diewe op heterdaad betrap by skole

(Foto: SAPD Gauteng)

Minstens 130 verdagtes is reeds sedert Maart vanjaar in Gauteng in hegtenis geneem in verband met sake wat met diefstal, vandalisme en brandstigting by skole verband hou.

Verskeie items wat tydens die rooftogte gesteel is, is weer gevind.

ʼn Verdagte is Donderdagoggend met behulp van die gemeenskap van Ext 4 in Kwa-Thema in Springs aangekeer. “Hy is op heterdaad betrap binne Nkumbulo High School,” het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Die man het glo toestelle, kombuisbenodigdhede, skoonmaakmiddels, krane, elektriese kabels, komberse en kruideniersware in sy besit gehad.

“In nog ʼn voorval het die polisie in Pretoria-Wes Saterdag baie vinnig reageer ná inligting ontvang is oor ʼn rooftog wat by Lotus Gardens Secondary School aan die gang is. Een verdagte is in die skool aangekeer,” het Masondo gesê. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte deur die dak toegang bekom het. Dakteëls is verwyder en die plafon beskadig.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn span beamptes van verskillende eenhede aangestel ná ʼn toename in die getal rooftogte by skole. Hy versoek die gemeenskap om enige verdagte aktiwiteit aan te meld.

(Foto: SAPD Gauteng)

“Die samewerking tussen die polisie en die gemeenskap het positiewe gevolge gehad,” het Masondo bygevoeg. “Meeste van die verdagtes is in hegtenis geneem danksy wenke wat van die gemeenskap ontvang is.”

Inhegtenisnemings per distrik:
Johannesburg (insluitend Soweto) – 42
Tshwane – 41
Sedibeng – 11
Ekurhuleni – 25
Wes-Rand – 11

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Die beskuldiges word gevang en daar loop die sake dood, wanneer ‘n witman oortree word die saak tot vervelens aan gehoor. Daar is geen regverdigheid nie, daaromis die tronke oorvol,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.