Vermeende dwelmbaas aangekeer

'n Beampte van die Valke ontdek die dwelmmiddels in die voering van die skootrekenaarsak

‘n Beampte van die Valke ontdek die dwelmmiddels in die voering van die skootrekenaarsak Foto: Valke

ʼn 37-jarige Nigeriër is Donderdagoggend in Johannesburg in hegtenis geneem voordat hy ʼn dwelmmuil kon kry om ʼn skootrekenaarsak met 2 kg-kokaïen na Mauritius te vervoer.

“Die man het ʼn skootrekenaarsak met die kokaïen aan ʼn polisiebeampte van Johannesburg, wat homself as iemand anders voorgedoen het, oorhandig,” het lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die kokaïen was versteek in die voering van die sak.”

Die Valke het die lokval gestel nadat hulle inligting ontvang het dat ʼn dwelmmuil gereël is om die skootrekenaar na ʼn bestemming in Mauritius te neem. “Die polisie het ook beslag gelê op die verdagte se bakkie.”

Die verdagte sal Vrydag in die Jeppe-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

Genl.maj. Mthandazo Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, het die lede geloof dat hulle ʼn dwelmhandelaar se planne in die wiele gery het. “Die dwelmmiddels sou baie skade veroorsaak het in Mauritius indien dit die bestemming bereik het,” het hy gesê. “Ons lede verdien ʼn klop op die skouer dat hulle ʼn wenk van ʼn informant deeglik opgevolg en uiteindelik die dwelmhandelaar aangekeer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nico prinsloo ·

Goeie werk hulle moet asb krugersdorp toe ook kom moet net nie die dorp se beamptes gebruik nie

Winston ·

Puik werk deur sekere lede. Daar moet net veel meer sulke arrestasies landwyd wees. Hy en sy duisende makkers hoort nie in SA nie. Deporteer almal

Landie ·

Goeie werk!!! Ek verpes hierdie dwelmhandelaars. Hulle verryk hulleself en verwoes ons samelewing!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.