ʼn 36-jarige man is Woensdag in Everham, Phoenix in KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem vir die besit van dwelmmiddels en onwettige vuurwapens.
“Lede van die polisie het ʼn wenk opgevolg wat hulle tot ʼn sekere huis in die gebied gelei het,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Tydens ʼn soektog het die beamptes op 4 780 mandraxtablette, 60 heroïen-strooitjies en twee ongelisensieerde vuurwapens met sewe lewendige rondtes ammunisie, afgekom. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of hulle tydens enige ander misdade gebruik is.”
Die verdagte sal binnekort in die Phoenix-landdroshof verskyn.
Verassing————-jammer vir die onkostes daaraan verbonde.
Ek is so bly en dankdaar dat daar nog mense is wat die poliesie a wenk gee v so a siksesvolle fonds .Dit gee my hoop dat die stryd teen dwelm handel nie net verloor word nie .