’n Vermeende dwelmhandelaar wat na bewering dwelms in Wierdapark in Centurion vervaardig en verkoop, het Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn na sy inhegtenisneming die vorige dag.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die Valke het onlangs inligting ontvang rakende die verkoop en vervaardiging van dwelms in Wierdapark waarna die verdagte geïdentifiseer en dopgehou is.
Die Valke het sedertdien ’n lasbrief bekom en het Woensdag op die laboratorium toegeslaan. Daar is gedurende die klopjag beslag gelê op ’n dwelmpersmasjien, Mandrax, kristalmetamfetamien en ander chemikalieë wat gebruik word om dwelms te vervaardig. Die laboratorium se inhoud het ’n geskatte straatwaarde van sowat R2 miljoen.
Die verdagte (48) is op die plek in hegtenis geneem op aanklagte van die onwettige handel en vervaardiging van dwelms.
Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Kry die gemors van ons strate af môre oor môre is dit ons kinders aan wie hulle dit probeer verkoop! Sluit toe en gooi die sleutel weg vir ewig
Hoekom koop “ons kinders” die gemors? Maklik om van dwelmbase ontslae te raak, raak jou kind se hart aan en sorg dat hy/sy nie die gemors koop en gebruik nie……
Was n mooi buurt met goeie skole. Ongelukkig soos met plekke naby plotte word als ombou in hoe polulasie meenthuise met nie nagenoeg dorps beplanning om te voorsien vir skole ens. in lyn met die populasie aanwas koers nie. En nou het die wes-afrikane lyk my ook op die plek toegesak.
Sluit toe die moordenaar. Hy is ‘n moordenaar en niks anders nie. Die verspreiding van dwelms lei tot die dood van talle, enorme skade aan mense se ligame, en ongelooflike sosiale probleme.