Vermeende dwelmmuil by OR Tambo aangekeer

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Wynand Harmse (51) het in die landdroshof in Kempton Park verskyn ná hy glo met kokaïen betrap is by die OR Tambo- internasionale lughawe, op pad na Hongkong.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Harmse is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R300 000. “Die Valke se narkotika-eenheid (Saneb) het inligting opgevolg oor ʼn moontlike dwelmmuil wat na Hongkong op pad is.”

Harmse is voorgekeer en het toestemming gegee dat hy en sy bagasie deursoek mag word. “Die bagasie het nie enige onwettige middels bevat nie, maar ʼn swart plastieksak met kokaïen is onder ʼn swart korset om sy middellyf opgespoor.”

Die beamptes het beslag gelê op die 1 kg-kokaïen. “Harmse het intussen in die landdroshof in Kempton Park verskyn en sy saak is tot 13 Mei uitgestel vir verdere ondersoek en ʼn formele aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Kyk mooi na sy naam en ouderdom: seker maar net nog ‘n wit man wat dag na dag, week na week, maand na maand en jaar na jaar werk soek en AANMEKAAR moet hoor: geen werk vir jou nie want jy het nie die “regte” velkleur nie.
Ek keur nie dwelmhandel goed nie, maar sonder hierdie nuwe apartheid van regstellende aksie en BEE teen wit mense, sal so ‘n desperate onwettige poging om net weer inkomste te kry ook nie nodig wees nie.

Realis Thailand ·

Ek kan jou n briefie gee daar was nog twee muile op die vliegtuig
Die polisie word getip oor een en twee glip deur
Dis die oudste storie in die boek en soos gese dis n witman en watter ras kan ons net raai wat die ander twee was
Hoekom het hy so min by hom gehad???

Scalla ·

Dit was verseker nie die eerste keer nie, mag hy swaar gevonnis word, hoeveel ander lewens is deur hom vernietig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.