
Marius Smit tydens ‘n vorige hofverskyning.
Marius Smit, ʼn Bloemfonteinse man wat daarvan beskuldig word dat hy tientalle mense uit derduisende rand geswendel het, is op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Smit (26) het Dinsdag weer in die landdroshof in die stad verskyn.
Hy word in dié stadium aangekla van nege sake van bedrog. Die saak teen hom is tot volgende maand uitgestel.
Smit is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem nadat hy na bewering goedkoop voertuie op verskillende Facebook-groepe geadverteer het.
Die voertuie het glo nie aan hom behoort nie en hy het na bewering verskillende selfoonnommers en profiele gebruik om dit te adverteer.
Hy het na bewering deposito’s van belangstellende kopers geneem, maar nooit ʼn voertuig gelewer nie en dan met die geld verdwyn. Die profiel is daarna gedeaktiveer.
Leon Rossouw, ʼn private speurder van Bloemfontein wat nou by die ondersoek betrokke was, het gesê mense wat vermoedelik op dieselfde manier ingeloop is, nader hom stééds.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Ek is ‘n paar jaar terug ook met dieselfde slenter gevang. Al verskil is die man wat my ingeloop het, het ‘n dames vennoot gehad
Hahahahaha Lag ek nou lekker.
Dit is nie baie slim om so ‘n kar te koop nie.
Ek kan dit nie glo dat mense nog steeds vir die stories val nie. Jy moet selfs baie vesigtig wees om ‘n 2de handse motor wat jou voor jou sien te koop. Hoe betaal mense deposit op ‘n prentjie?
Dit kos my meer. Maar ek koop net by die handelaar se 2 de hande afd. Ford koop ek by Ford. Hyundai by Hyundai. Die gemoedsrus is baie werd. En jy kry ‘n geldige waarborg.
En so het hy gewentenloos kos uit mense se mond uit gevat deur sy gierigheid