Vermeende Gauteng-reeksverkragter aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende reeksverkragter is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem.

“Die polisie het vanoggend vroeg ʼn verdagte in hegtenis geneem op aanklag van diefstal,” het lt.genl. Vinesh Moonoo, speurhoof van die polisie, aan verslaggewers in Johannesburg gesê. “Die polisie het egter bevind dat hy aan meer as 25 sake van verkragting wat in Soshanguve, Rietgat en Booysens aangemeld is, verbind kan word.”

Die verkragtings het tussen 2008 en 2014 plaasgevind.

“Die man sal Dinsdag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

En môre “verdwyn” hy weer uit polisie-aanhouding en niemand weet hoe het hy dit reggekry nie………… Bla bla bla

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.