Vermeende Gauteng-rowers beseer

Argieffoto

Argieffoto

Twee van drie mans wat glo ʼn supermark in Primrose aan die Oos-Rand wou beroof, is Dinsdag beseer toe hulle wou vlug.

“Toe polisie by die toneel opdaag, het die drie by die trappe opgehardloop na die agterdeur toe,” het sers. Styles Maome, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hulle het ses meter ver gespring na Silviastraat waar polisiebeamptes op hulle gewag het.”

Twee van die verdagtes is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem en die derde verdagte is na Primrose-polisiestasie geneem.

Die drie het glo die winkel betree en die eienaar en twee werknemers met vuurwapens gedreig. “Terwyl hulle in die winkel was, het ʼn bakeryafleweringsvragmotor opgedaag. Die persone in die vragmotor het onbekende gesigte in die winkel gesien en ʼn patrollievoertuig van die polisie in kennis gestel,” het Maome bygevoeg.

Die polisie het ʼn 9mm Norinco-vuurwapen, ʼn speelgoedgeweer, ʼn sak met plastiekkabeltjies, die winkeleienaar se selfoon en die winkelsleutels in die verdagtes se besit gevind.

“Die drie persone staan tereg op aanklag van besigheidsroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hulle sal na verwagting binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Wat n hartseer storie, een is slegs beseer, sou beter gelees het as dit “Drie vermeende gewapende rowers dood in n polisie jaagtog” was. Die vuilgoed moet uitgeroei word, dis al hoe ons land sal verbeter, hulle gee nie om om mense met wapens aan te hou en selfs die wapens te gebruik nie. Selfs n dag uit na n inkopiesentrum is nie meer veilig nie, ons moet soos kluisenaars in ons huise bly, as jy jou neus by die deur uitsit is jy weg van jou alarm, veiligheidshekke en ander veiligheidsmaatreëls, dan is jy n oop teiken. Sal ons ooit weer kan kom en gaan en dinge geniet en net ontspan, want absoluut oral moet jy oor jou skouer loer.

Theresa ·

Siestog – Sal ‘n plyster en suigstokkie help…………?

cindy ·

Hulle is nou gevang, more kom hulle weer uit die tronk. Dan doen hulle dit weer. So alles maar net vir die grap…. Pateties

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.