Vermeende gewapende rower in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het Maandagoggend tydens ʼn hoëspoedjaagtog in Kraaifontein in Kaapstad ʼn vermeende gewapende rower doodgeskiet.

Drie verdagtes wou glo ʼn British American Tobacco-werknemer beroof. “Die werknemer was besig om ʼn aflewering in Scottsdene in Kraaifontein te doen, toe hy oorval is,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het die werknemer se motorsleutels geëis en hulle het met hom na Williestraat toe gery. Hulle wou die tabak agterop ʼn wit Nissan-bakkie laai.”

Inwoners het intussen polisiebeamptes, wat die gebied gepatrolleer het, in kennis gestel van die rooftog. “Toe die verdagtes die beamptes sien, het hulle van die toneel weggejaag,” het Kinana bygevoeg. “Die polisie het hulle agternagesit en hulle by ʼn nabygeleë blok woonstelle vasgekeer.”

Kinana het gesê twee van die verdagtes het uit hul motor gespring en op die polisie begin skiet, en die beamptes het teruggeskiet.

“Een verdagte is noodlottig gewond en een persoon is in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op twee 9mm-pistole.” Een van die verdagtes is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.