Vermeende horingsmokkelaar vas

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

ʼn 29-jarige man is nou ook in hegtenis geneem nadat die polisie in Februarie vanjaar toegeslaan het op ʼn pakhuis by die OR Tambo-lughawe in Gauteng en beslag gelê het op 18 renosterhorings wat altesame 72 kg geweeg het.

Die horings was toegedraai en in bokse versteek.

Kelebogile Lebogang Makamu het reeds in die Kempton Park-streekshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba).

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Germiston het in Februarie vanjaar inligting opgevolg oor ʼn verdagte besending wat by die pakhuis gehou word.

Hulle het tydens ʼn klopjag op die horings afgekom wat as “rekenaarafval” gemerk is en vir Koeala Loempoer in Maleisië bestem was.

Makamu is later met die besending verbind en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is bekom. Hy is Donderdag by sy huis in Tembisa in hegtenis geneem en ʼn dag later op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Die saak teen hom is tot volgende maand uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kathleen ·

Ek wonder wie is so intelligent om ‘n renoster-horing-smokkelaar vry te laat op borg ? Dit was die laaste sien van die blikkantien !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.