Vermeende huisrower doodgeskiet

Foto verskaf deur die Valke

ʼn Verdagte is tydens ʼn skietery met die polisie dood ná ʼn afgetrede sakeman en sy vrou by hul huis in Weenen in KwaZulu-Natal aangeval is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê drie gewapende mans het die egpaar by hul huis oorval. “Die man is in sy motorhuis oorval deur twee rowers. Die derde verdagte het die huis betree en die vrou aangeval. Hy het kontant en die kluis se sleutel van haar geëis.”

Die polisie is in kennis gestel van die rooftog en hulle het dadelik reageer. “Die verdagtes het die polisiebeamptes opgemerk en ʼn skietery het gevolg. Een van die verdagtes is getref. Hy is in hegtenis geneem. Die tweede verdagte het sy samewerking gegee en homself oorgegee. Die derde verdagte is doodgeskiet.”

Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens en ammunisie. “Verdere ondersoek het polisiebeamptes na ʼn Toyota Etios, wat net buite die dorp parkeer was, gelei. Nog drie mans het in dié beweerde wegkomvoertuig gesit en wag. Hulle het vinnig weggejaag toe hulle die skote gehoor het. Hulle het kort daarna ʼn ongeluk gehad met die motor.”

Die Weenen-polisie ondersoek ʼn saak van roof, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Gwala het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 49 jaar oud, sal Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tiger ·

Pragtig Wenen SAP! Ek wens iemand wil DIT onder die aandag van BRITS SAP se bevelvoerder bring!Slegte goed!

Willehond ·

Ek het nie geweet Brits het n polisie stasie nie! Wil jy nou meer! Nooit te oud om te leer nie!

Anoniem ·

Hoe meer parater ons word hoe meer van die aanvallers gaan seerkry !

Michelle ·

Dankie aan die manne in bou wat die verskil gemaak het, julle is daardie handjie vol, goeie werk dis een gevaarlik krimineel van die straat welgedaan.

JoeV64 ·

Mens raak so effens trots op die polisie was mens van sulke suksesse lees, knap gedaan!

Kraai ·

Wel gedaan manne. Ek wens dat ons as blankes en boere ook tips kan kry om meer waaksaam te wees. Ek glo dat daar wel mense is wat waaksaam is, maar ekstra raad sal welkom wees. Windklokkies by deure wat van buite oopmaak kan byvoorbeeld gehang word, maar nie te opsigtelik nie. Sodoende kan gehoor word as iemand van buite inkom.

Sinies ·

Dit is ongelukkig die enigste regsproses wat werk, paraatheid en goeie skietwerk het menige toekomstige misdade en hartseer verhoed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.