Die polisie in Limpopo is op die spoor van ʼn verdagte wat onlangs uit die aanhoudingselle van die polisiestasie in Mokopane (Potgietersrus) ontsnap het.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het Donderdag in ʼn verklaring gesê Owen Alexander het uit aanhouding ontsnap kort nadat hy in die streekshof in Mokopane verskyn het op verskeie aanklagte van huisroof.
Volgens Ngoepe is ʼn ondersoek reeds van stapel gestuur om te bepaal hoe Alexander uit aanhouding kon ontsnap.
Die polisie doen intussen ʼn beroep op mense om enige inligting oor waar die verdagte hom moontlik bevind, by lt.kol. Malose Setsiba by 082 451 7213 of die naaste polisiestasie aan te meld.
Inligting kan ook by 08600 1011 aangemeld word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Altyd in Limpopo! Sluit tronke se deure nie in Limpopo, of swaai hulle wawyd oop waaneer genoeg geld van een hand na die ander hand verskuif is. En soos altyd in ANC land, sal niks gebeur in die ondersoek nie!
Die sogenaamde polisie kan net sowel die misdadigers by kfc aanhou ek glo hulle gaan veiliger wees
Begin maar julle ondersoek by die een wat aan diens was toe hy ontsnap het…
Dit gebeur gereeld in daai provinsie. Dis dalks waar die grootste somme geld aangebeid word deur die beskuldigde en sy familie lede of makkers.
Volgens my ontsnap n POEP en n persoon ONTVLUG uit aanhouding uit nou het hulle net n foto pragtig geluk