Vermeende huisrowers op Gordonsbaai gestuit

Een van die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het. Die reeksnommer is afgevyl. (Foto: SA Polisie)

Die waaksaamheid van ʼn private veiligheidswag het tot die inhegtenisneming van vyf vermeende huisrowers in Gordonsbaai in die Wes-Kaap gelei.

Die wag, verbonde aan ʼn private maatskappy, het die polisie Saterdag ontbied nadat die nommerplaatherkenningstelsel wat in die gebied gebruik word, die nommerplaat van ʼn wit Hyundai as verdag aangedui het.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê beamptes van die Gordonsbaai-polisie is na die gebied en het dadelik na die voertuig begin soek. Dit is in Yorkstraat opgemerk en voorgekeer.

“Die insittendes, vier mans van onderskeidelik 24, 27, 30 en 32 jaar oud, het onsuksesvol probeer ontsnap en is aangekeer. Twee ongelisensieerde vuurwapens sonder reeksnommers en ammunisie is in die voertuig aangetref,” sê Traut.

Die voertuig is verlede maand tydens ʼn huisrooftog in Somerset-Wes gesteel.

“Die vier verdagtes bly in aanhouding en sal na verwagting môre in die Strand-hof verskyn op die aanklagte teen hulle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
MakersMark

Ongelukkig volg die gemors die semi grasie kaap toe. SA se toekoms is verdoem, een kriminele spul van die regerende party, die magtige wetstoepassers, tot op die laagste vlak. Gangsters paradise.

Dries

En waar was Cele. Op die strand ??

Wat Wou

Ek wonder of die mense, enige gewete of liefde vir hul medemense het.
Ek wonder soms wat is die statistieke tussen verskillende rasse groep en kleur is wanneer dit by sulke misdaad kom.
hoekom wil die regering nie vir “our people” werk skep nie. Of mag ek dit nie vra nie?

Dup

Hulle is besig om SA in ñ Afrika land te transformeer…..gee net kans….

Eric

Kriminele het geen gevoel vur medemens nie. Hulle kry lekker as hulle roof, mense ernstige leed aandoen. ÁS hulle voorgekeer word sit hulle die langste 3 dae in aanhouding gaan uit op borg en begin weer van vooraf met dade.
Ons regstelsel is uiters pateties in alle opsigte. Indien kriminele aangekeer word moet geen borg in alle opsigte toegestaan word nie. Kriminele kom met moord weg on talle opsigte.