Vermeende huurmoordenaar op bus vasgetrek

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Vermeende huurmoordenaar wat in verband met ʼn reeks misdade in KwaZulu-Natal gesoek word, is Donderdag omstreeks 10:45 op ʼn bus by die Mariannhill-tolhek vasgetrek.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê die verdagte word onder meer vir moord, poging tot moord, kaping, roof en ontvoering gesoek. Die verdagte se naam is nie bekendgemaak nie.

Die misdade is onder meer in Inanda, KwaMashu en Mayville gepleeg.

Ngcobo sê die polisie het inligting ontvang dat die verdagte op ʼn bus op pad na die Wes-Kaap is.

Verskeie wetstoepassingsagente het saamgewerk en het ʼn padblokkade by die tolhek opgestel.

“Die bus is onderskep en die 31-jarige man is in hegtenis geneem. Hy was ook in besit van ʼn vuurwapen en 90 patrone wat in sy bagasie versteek was.”

Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

christo ·

Intellegensie gedrewe misdaad inligting is uiters belangrik vir suksesvolle misdaad voorkoming. Dié saak het so ‘n suksesvolle uitkoms gehad. Goeie werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.