Vermeende inbreker op Malmesbury-plaas doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Vermeende inbreker is Maandagoggend vroeg op ʼn plaas naby Malmesbury in die Wes-Kaap doodgeskiet.

“Die voorval het omstreeks 03:45 plaasgevind,” het Siyabulela Malo, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Twee mans het by die plaashuis ingebreek en die eienaar met skerp voorwerpe gedreig. “Die eienaar het reageer deur skote in die rigting van die verdagtes te vuur. Een van die verdagte is doodgeskiet. Die ander verdagte het te voet van die toneel gevlug.”

Malo het gesê die polisie fynkam die toneel vir leidrade. “Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Outoppie ·

As hy in jou huis is het hy klaar ingebreek. Hy is nie daar vir koffie en beskuit nie

Katvis ·

“Vermeende”….wat soek hy in jou huis 345? Boere breakfast? Kry vir jou katvis. Jy sal nie weer ongenooid opdaag in jou hele lewe. Ek hoop sy makker hol nog!!!!!!!

Koos de Meyer. ·

Wat soek hulle daar die uur van die oggend daar. Ten minste was hierdie boer paraat.

Charles ·

Goeie nuus en mag dit n aansporing wees vir alle wetsgehoorsame burgers en n les vir misdadigers.

Gereg Seëvier ·

Dit het tyd geword dat boere hulself begin verdedig. Die PLAASMOORD syfer is heeltemal te hoog. Hoop hulle kry die ander een ook.

Andries ·

Snaaks genoeg word hulle inbreekers genoem. As hulle nog 2 minute gegun was, was hulle plaas aanvallers, en die paraat boer en sy mense dood. Nou is dit die boer wat seker weer vervolg gaan word vir moord.

wilma ·

vuilgoed. het vir jou en die ander lafaard het weggehol. gemorsste

Gatvol ·

Ek wonder ook wie nou vir moord aangekla gaan word. Wat v selfverdediging. Moes die boer eers gewag het dat hulle hom verniel voordat hy kon geskiet het. Belaglik.

Johan ·

Interresant hoe die plaasmoorde altyd n saak van diefstal is wat ondersoek word, maar as daar n selfverdediging plaasvind is dit n saak van moord. Ons land se belaglike wette maak my siek!

Swart Piet ·

Abe, dis bitter duidelik jy was nog nie aan die ontvang kant of op n plaas aanval toneel nie. Beslis stem ek saam met Robert, skiet eers om dood te skiet, en dan vra jy vrae later, anders is jy en jou gesin dood.

Pieter, Weskaap. ·

Die inbrekers het die geweldroete gekies en gevolg en een het die prys daarvoor betaal. Die ander een sal elders weer dieselfde roete kies.
Ek dink tog die boere raak meer paraat.

Ockie ·

Hulle moet die wet verander wat soek iemand in my huis daardie tyd nou kry arme boer skuld vir selfverdedeging

Andrew ·

Kyk nou hoe word moord statistiek aangeblaas deur ondeurdagte registrasie van klagtes.
Alles is mos nou moord as jy jouself verdedig. Die korrekte registrasie is huisroof en ‘n geregtelike doodsondersoek.
Die stasiebevelvoerder en gebiedsbevelvoerder moet vir ‘n slag die riglyne behoorlik gaan bestudeer en toepas. Dit is daar vir ‘n rede.
Slegs een so fout per stasie jaag die statistiek met ongeveer 1300 per jaar op.
Verder plaas dit die slagoffer onder onnodige emosionele en finansiële druk.
Miskien moet ‘n slim prokureur begin met siviele eise waar slagoffers onnodig deur die stelsel geviktimiseer word.

Nico ·

Elke burger wat oor ‘n vuurwapen beskik moet maak soos die polisie deesdae maak. Skiet dood, dan is daar nie onnidige lang uitgerekte hofsake wat keer op keer uitgestel word nie deur rompslomp van staat en veral die misdadiger. So word duisende rande ook bespaar.

Chris Ws ·

Knap gedaan!Ek salueer die’ boer vir sy paraatheid.Wens meer boere wil wakker skrik en soos hy optree.Net jammer die ander misdadiger het weg gekom.

George in Bloem ·

Goeie werk. Net jammer nou gaan dit die arme ou duisende rande aan regskostes kos om sy onskuld te bewys. En die gespuis is die oorsaak daarvan. As hulle nie ongenooid in sy huis was nie het absoluut niks gebeur nie.

Magda ·

Mooi man – Dit is hoe dit gedoen moet word. Bly die huiseienaars is almal veilig.

Harry ·

Ja, ou Oscar het ook gedink dis ‘n inbreker, maar nou sit hy in die tronk. Dit kos gewoonlik net een waarskuwingskoot om te sien wat gaan gebeur – duidelik het die ander persoon weggehardloop. Die boer sal moet kan motiveer of die gesneuwelde persoon nie ook sou weghardloop indien hy die kans gehad het nie?
Hoop die boer het die korrekte verklarings gemaak wat hom uit die moelikheid gaan uithou?

PATSY ·

Daar is ingebreek en persoon is met skerp voorwerpe gedreig. Dis seker genoeg bewyse dat lewe ingevaar was daardie tyd van die oggend.

Lolla ·

Maar gooi nou jou man met ‘n mayonnaise bottle dan het jy moeilikheid.

Annoniem ·

Sê my as ek verkeerd is, maar as iemand ongenooid, 03:45 in jou huis is en jou met skerp voorwerpe dreig, is hy nie daar op uitnodiging nie… Dan is jy in die moeilikheid omdat jy jou self en jou eiendom beskerm het? Ons lands-wette maak nie heeltemal vir my sin nie

GL ·

Ek en my vrou was in n aanval gewees , net een van die 4 het n wapen gehad, ek het my wapen gegryp en begin eerste skiet. Ons het niks oorgekom nie.

Erika ·

Hierdie rowers en moordenaars vergeet ons is nou paraat en reg vir hulle!
Genoeg is Genoeg!

David ·

As jy in my huis is en dit daardie tyd van die nag,watse vrae moet vir jou gevra word?Ek gaan jou skiet en klaar.

Hannetjie ·

Huisroof en….moord? Uit watter boom het die ou geval?

Winnie ·

Julle verstaan nie hulle was daar vir tuisgebakte beskuit en koffie

LK ·

Julle moet almal weer Andrew se boodskap lees, die man weet waarvan hy praat hoor!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.