Vermeende inbreker tydens Pta-huisbraak doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Erasmia in Pretoria het Sondagoggend ʼn vermeende inbreker in haar erf doodgeskiet.

“Die vrou het glo om 06:30 geluide in haar erf gehoor en gaan ondersoek instel,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het twee mans in haar erf aangetref en ʼn vuurwapen op hulle gerig. Sy het hulle beveel om stil te staan.”

Toe een van die mans op haar afstorm, het sy gevuur en hom in die been getref. “Die vrou beweer die man het steeds bly storm en sy het hom ook in die ander been getref.” Hy is op die toneel dood verklaar.

Die tweede man het van die toneel gevlug.

Selepe het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

Die vrou se naam word weerhou totdat sy in die hof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ilze ·

My broer is dood agv n slagaar wat raak geskiet is in sy been. My man het self aan diens n verdagte so die lewe laat verlaat.

Nita ·

Gaan sy nou van moord aangekla word? Gee my krag. Skuus mevrou, jy moes hulle seker ingenooi het om jou te beroof en aan te rand.

Eksteen ·

Die storie van moord se gat, die wet se moord moet ook ondersoek word. Dame gee vir ons ñ opvolg asb.

Cherokee ·

Wel Maroela debatteer vanaf die plasing van die berig of hulle my kommentaar gaan plaas maar hier is dit weer onveranderd (as ek reg onthou): Haar vuurwapen sal (of is reeds) gekonfiskeer word en hopelik is daar meer vuurwapens in haar huis.

Elizabeth ·

Jys verseker n knap skutter..kolskote.jy het mos n waarskuwingskoot gevuur.
sterkte met die saak…ek staan bankvas agter jou.

Andrew ·

Onthou mense dis hoe dit Werk, die hof Sal besluit maar ongelukkig moet hulle n saak oopmaak…sy Sal ongelukkig deur dit moet gaan…sterkte daar

humor ·

Mevrou jy het onder die huidige misdaadomstondighede briljant opgetree. Jy was paraat en het inteenstelling met baie ander mense jou huis met n vuurwapen in die hand verlaat en ondersoek ingestel. Die minimum geweld is aangewend om na die been te skiet.

KarooKlong ·

A ja a, dis hoe dit gedoen word.
Dit was nou raakskote.
Aanklagtes, ag nee wat……net ongemaklike formaliteite……moet dit afhandel.
Sterkte en voorspoed.

Tiger ·

Sy het reg opgetree deur die man in die bene te skiet om hom te stuit.Die moord klag is ‘n formaliteit.Dit sal verander na onopsetlike manslag want sy het nie die man probeer doodmaak nie dis baie duidelik.Sy kon ook nie doelbewus vir slag are in sy bene gemik het nie want hulle is onsigbaar.Ek wens haar geluk vir haar daper en nugter optrede en ook alle sterkte met die saak wat voorle.Hier moes eintlik geen saak gewees het nie.

zelda ·

Dit lyk my skelms in suid afrika het meer regte ons mens .

Ja ons regering beskerm hulle maatjies wat net so skelm soos hulle is.

Jammer vir die vrou wat haar man gestaan het teen 2 boewe.

Tiny Nortje ·

Hoekom n moord dossier Maak n GO dossier oop (Geregtelike doodsondersoek)

WitBlits ·

Ek hoop die vrou se sakke is so diep soos Oscar s’n om haar onskuld te bewys.!
Sy het dalk gedink haar lewe is in gevaar, maar die staat gaan seker beweer sy het die intensie gehad om dood te maak en sy moes dolus eventualus voorsien het.

Tiger ·

Nee WitBlits sy het die man wat op haar afgestorm het in sy BENEcgeskiet om hom te probeer stop.Het sy hom in sy lyf of kop geskiet kon daar gese word sy wou hom doodskiet maar dit was nie die geval nie.So die moordklag sal verander word na manslag.

Johan ·

Haar intensie was duidelik nie om ernstig te verwond of dood te skiet nie, sou dit wel haar bedoeling gewege het sou sy die grootste teiken, die lyf wou raak en sou sy nie na die bene geskiet het nie!

Jan maak n plan ·

Laat dit vir die kimenele n les wees. Pragtig mevrou wel gedaan.

Mamparra ·

Iets voel vir my snaaks aan die storie. Sal seker mettertyd weet.

Peet J ·

Wonder of die twee nie deel is van die ses wat ook Sondag uit die tronk in Johannesburg ontsnap het nie .

Tash ·

Dis net belaglik om haar vir mood an te kla. Wat gebeur in d land. Kriminele het baie meer regte as ons onskuldiges. Jy kan ni eers jo jou self probeer beskerm ni. Wat het hulle in elkgeval in haar yard gedoen?! Dis mos voorbedagte rade. Hoop sy kan haar saam wen. Ons moet terug baklei en voorbeelde van hulle maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.