ʼn Man wat vermoedelik deel was van ʼn groep wat Woensdag die iStore-winkel in die Canal Walk-winkelsentrum beroof het, is in hegtenis geneem en die polisie in Kaapstad is kort op die hakke van die ander verdagtes.
Volgens lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, is die 33-jarige verdagte Donderdag by ʼn huis in Strand aangekeer.
“Die man is glo een van die ses gewapende rowers wat ʼn aantal selfone en elektroniese toestelle beroof het,” het Traut gesê. “Ons is op die spoor van die ander verdagtes en meer inhegtenisnemings kan verwag word.”
Maroela Media het vroeër berig ʼn veiligheidswag is tydens die gewapende rooftog by die winkelsentrum geskiet.
Verskeie ander selfoonwinkels, hoofsaaklik in Gauteng, is die afgelope paar maande beroof. Lees meer hier.