Vermeende Kampsbaai-skieter in aanhouding

Café Caprice in Kampsbaai, Kaapstad (Foto: Café Caprice, Facebook)

Jordan Fabe (25), wat na bewering verbind word met ʼn skietvoorval by Café Caprice in Kampsbaai in April 2017, het Maandag vlugtig in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

Twee slagoffers is geskiet nadat gewapende mans die restaurant betree en lukraak begin skiet het voor hulle van die toneel gevlug het. Die beseerde persone is deur paramedici op die toneel behandel voor hulle na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Hulle is later ontslaan.

“Die Valke se georganiseerdemisdaadeenheid het die saak oorgeneem nadat dit duidelik geword het dat die voorval verbind word met ʼn beweerde bakleiery in die nagklubbedryf in die Wes-Kaap,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê. “Fabe is ná deeglike ondersoek op 29 September 2017 in hegtenis geneem.”

Hy sal na verwagting weer op 9 Oktober in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Brig. Neil Oliver, provinsiale hoof van die Valke, het die span geloof vir hul deurbraak. “Ons neem met kommer kennis van onderduimse aktiwiteite in die nagklubbedryf en ons hou ons oë en ore op die grond. Ons sal nie enige wetteloosheid in die land duld nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bessie ·

Die Amerika skietery is morning noon and night op TV. Hierdie word Seker net genoem, en “so what” Word Seker nie eers ondersoek nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.