Vermeende kaper in JHB doodgeskiet

crime-scene-tapeʼn Vermeende kaper is Saterdag in Johannesburg tydens ʼn mislukte kapingpoging doodgeskiet.

Tsekiso Mofokeng, ʼn woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Alexandra plaasgevind en dat twee mans by die mislukte kaping betrokke was.

“Die motoris wat hulle wou kaap, het op hulle losgebrand en een verdagte noodlottig gewond,” het Mofokeng gesê. Die ander verdagte kon daarin slaag om van die toneel te vlug. Die polisie is nog op soek na die tweede verdagte.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot kaping en poging tot moord. Mofokeng het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te help om die tweede verdagte op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.