Vermeende kaper sterf in Johannesburg

Argieffoto

ʼn Vermeende kaper is Donderdagmiddag in Johannesburg dood.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig drie mans, wat in ʼn Mercedes Benz gery het, het ʼn bejaarde vrou in die oprit van haar huis in Montgomery Park oorval. “Veiligheidswagte het die verdagtes agternagesit toe hulle in die rigting van Linden gevlug het. Die verdagtes het ʼn ongeluk in Linden gehad en te voet verder gevlug.”

Volgens Kweza het een van die verdagtes daarna ʼn Toyota Etios gekaap. “Skote is gevuur tussen die veiligheidswagte en die kaper. Die verdagte het ʼn ongeluk gemaak met die Etios en hy is op die toneel dood. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.”

Twee verdagtes is nog op vrye voet. “Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chrisjan ·

As kind het ons altyd “Westerns” by die inry-teater gaan kyk. Vandag sit ek in my huis en beleef die Wilde Weste asof op eie bodem. Die verskil? Onse skelm makkers kan nie eers n kar behoorlik ry, newwermaaind ‘n perd ry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.