Vermeende kaper vasgetrek ná botsing

Die wrak van die gekaapte voertuig. (Foto: Twitter)

ʼn Vermeende kaper is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat hy probeer het om ʼn padblokkade in Durban te ontduik en in die proses ʼn motorongeluk veroorsaak het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê polisiebeamptes was besig met ʼn padblokkade in Suidkus-weg toe hulle ʼn motoris opmerk wat probeer om uit die verkeersopeenhoping te beweeg om die padblokkade te ontduik.

Die 22-jarige man het in die proses met ʼn ander motor in die verkeersopeenhoping gebots en is in die wrak vasgekeer. Die insittendes van die ander motor is nie in die botsing beseer nie.

Die man het op die oog af onder die invloed van drank voorgekom waarna dit duidelik geword het dat die motor waarin hy vasgekeer was vroeër die dag in Umbilo gekaap is. Die man is toe op die plek in hegtenis geneem.

Volgens Zwane sal die verdagte Maandag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklagte van dronkbestuur, roekelose bestuur asook motorkaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wiehan ·

En toe doen Murphy sy werk. Baie beter as SAPS. Geluk Murphy!

Johan ·

Die vermeende man was in ‘n vermeende botsing en na verneming gaan sy vermeende turf nou sit.

ne ·

Kry vir jou! Jou verdiende loon! Net jammer ander onskuldige mense is ook betrokke.

Cherise ·

Daar was beserings in die ander voertuig. Dis n Dame van Amanzimtoti. Sy was oppad huistoe van die werk af, haar gewrig is gebreuk en 2 van haar tone ook. Sy moes n operasie ondergaan en is vandag eers ontslaan uit die hospitaal uit. So ek dink die berig moet gewysig word na die korekte storie toe.

Cherise ·

Die bestuurder van dir ander motor was n vrou van Amanzimtoti, oppad huistoe van die werk af. Sy is beseer, haar gewrig is gebreuk en sy het n opersie ondergaan en 2 van haar tone is ook gebreuk in die ongeluk. Hoe kan die berig se die ander motor het geen beserings opgedoen nie. Elke dag word so baie vals nuus geplaas dis skokend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.