Vermeende kapers ernstig beseer in ongeluk

Argieffoto

Twee mans is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hulle met die motor, wat hulle na bewering minute vroeër by ʼn hospitaal gekaap het, in ʼn ongeluk betrokke was.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die voertuig het die R33 naby Cramond in KwaZulu-Natal verlaat, en toe begin rol.

Volgens Meiring het voertuig langs die pad gelê met albei mans langs die motor.

Die mans is op die toneel behandel en onderskeidelik na die Grey’s- en Northdale-hospitaal in Pietermaritzburg geneem.

Meiring sê polisieowerhede op die toneel het gesê die motor is glo vroeër by die Northdale-hospitaal gekaap.

Lt. Kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het in dié stadium nie inligting oor die voorval nie.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Linda Blignaut ·

En …………. moet mens hulle nou jammer kry. Kry vir jou.

Lollie ·

By al hierdie twak wat hulle aangejaag het kry hulle nou nog gratis mediese behandeling! As hulle mooi gesond is en gedra hulle goed gaan hulle na een van die land se beste hotelle, alles gratis want ons betaal daar voor! En wanneer hulle weer daar uit kom begin die siklus weer van vooraf!! Land van melk en heuning! (Net vir die kremineel)

Justice ·

Ek vertrou dat albei na staats hospitale is met slegs ongeskeduleerde paracetemol vir die pyn.

Ernst ·

Nee, ek glo hulle kry die beste behandeling by die beste hospital. Daarna word hulle vry gelaat op borg om verder te steel sodat hulle eendag in die parlement kan dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.