Vermeende kapers jaag toe in reaksievoertuig in

Foto: Reaction Unit South Africa/Facebook

Twee mans, wat vermoedelik die eienaar van ʼn wit Nissan NP200-bakkie doodgeskiet het, is in hegtenis geneem toe hulle Saterdagaand in reaksiebeamptes se voertuig vasgejaag het.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê Rusa-beamptes het omstreeks 20:00 op die R102 van Tongaat in die rigting van Verulam gery toe ʼn Nissan NP200-bakkie, wat teen ʼn hoë spoed gery het, in hul reaksievoertuig vasgejaag het. “Die insittendes van die bakkie het in ʼn bos in gevlug. Die beamptes het ondersteuning versoek toe hulle die persone te voet agternagesit het.”

Die twee verdagtes is aangekeer.

“Albei mans was onder die invloed en was ontwykend tydens ondervraging. Hulle is aan die Tongaat-polisie oorgegee. Die passasier is vrygelaat, maar die bestuurder van die bakkie is aangekla van bestuur onder die invloed van alkohol.” Die kaping is nog nie in daardie stadium aangemeld nie.

“Toe wetstoepassers Sondag van die kaping en moord te hore kom, wat in Maphumulo, KwaZulu-Natal plaasgevind het, is die verdagte in aanhouding met die voorval verbind.”

Die beamptes van Rusa is nie in die ongeluk beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Daardie passasier kon seker nie sy geluk glo nie. En nou is hy weg, eeg, weg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.