Vermeende kapers ná jaagtog aangekeer

(Foto: SA Polisie)

Drie verdagtes, onderskeidelik 17, 36 en 37 jaar oud, is Donderdag in Ottery in die Wes-Kaap in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog met ʼn voertuig wat in Zeekoeweg in Grassy Park gekaap is.

“ʼn Vrou is omstreeks 09:20 deur drie onbekende mans met ʼn vuurwapen uit haar voertuig gedwing,” het ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het in die Toyota Fortuner gespring en weggejaag.”

Die voertuig se opsporingstoestel is geaktiveer en ʼn hoëspoedjaagtog het gevolg toe beamptes van die blitspatrollie die voertuig opgemerk het.

“Die bestuurder van die voertuig het nie ag geslaan op versoeke om stil te hou nie en het teen ander motors gebots tydens die jaagtog. Die beamptes het verskeie skote op die gekaapte voertuig gevuur.”

Die voertuig is uiteindelik in Ottery tot stilstand gedwing. “Die verdagtes het ʼn naboots-vuurwapen in hul besit gehad.”

Hulle sal na verwagting binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.