Vermeende kinderontvoerders aangekeer

Foto ter illustrasie.

Gauteng se LUR van gemeenskapsveiligheid verwelkom die inhegtenisneming van twee verdagtes wat na bewering betrokke was by die ontvoering van kinders, waarna hulle lospryse van die ouers geëis het.

Die inhegtenisnemings kom nadat vyf kinderontvoerings in die noorde van die Oos-Rand begin Desember aangemeld is. Beslag is gelê op ʼn vuurwapen en ʼn wit Mazda-sedan wat glo gebruik is om dié misdade mee te pleeg.

Die verdagtes het Dinsdag in die landdroshof in Tembisa verskyn en bly in aanhouding totdat hulle na verwagting op 27 Desember om borgtog aansoek sal doen.

In die eerste geval is ʼn 17-jarige seun op 1 Desember in Kromietstraat in die middelklaswoonbuurt Croydon in Kempton Park ontvoer. Die ontvoerders het ʼn losprys van R10 000 geëis.

Die seun is van sy selfoon en R450 beroof.

Die gesin het nou saam met gyselaaronderhandelaars gewerk en daarin geslaag om R5 000 tydens ʼn e-wallet-transaksie te betaal. Die seun is van sy selfoon en R450 beroof voordat hy in Hillbrow, Johannesburg, afgelaai is.

ʼn Saak van ontvoering is by die Sebenza-polisiestasie aangemeld en die ondersoek duur voort.

In die tweede voorval is ʼn sesjarige seun op 2 Desember in Clayville Uitbreiding 34, suid van Centurion, ontvoer. Die ontvoerders het R15 000 geëis om hom vry te laat.

Sy familie het R2 000 deur ʼn e-wallet-transaksie betaal, waarna die kind by die KFC in Kaalfontein afgelaai is. Olifantsfontein se polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering en afpersing.

In die derde geval, op 3 Desember, is drie seuns (tussen agt en nege) omstreeks 16:00 in Clayville uitbreiding 21 ontvoer. Die verdagtes het ʼn Mazda 2 gebruik en later ʼn losprys geëis om die kinders vry te laat.

Die kinders is later naby ʼn Sasol-motorhawe in Midrand afgelaai.

Die ouers het altesaam R4 500 deur ʼn e-wallet-transaksie betaal. Die kinders is later naby ʼn Sasol-motorhawe in Midrand afgelaai. Olifantsfontein se polisie ondersoek ook dié voorval.

In al drie die gevalle is die kinders in ʼn hospitaal ondersoek, maar geeneen is tydens die ontvoering en aanhouding beseer nie. In alle gevalle is hulle met hul gesinne herenig.

“Ek moet die wetstoepassers loof vir die vinnige inhegtenisnemings én dat hulle dié misdadigers gestuit het,” sê Sizakele Nkosi-Malobane, Gauteng se LUR vir gemeenskapsveiligheid.

Sy sê die owerheid kan nie toelaat dat kriminele die gemeenskap terroriseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jaco ·

het die SAPD die geld betaal, of kom dit uit die ouers se eie sak?
indien die ouers betaal het, gaan die SAPD dit vir hulle terugbetaal?

Japie Bornman ·

Sal als verkoop om my kind te kon terug kry en ook niks terug verwag, my kinders is ny lewe…

Binx ·

OMW, Suid-Afrika ontaard in n 2de Mexico. Ontvoerings daar n alledaagse gebeurtenis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.