Vermeende kitsbankdiewe vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes is Woensdagaand in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo iemand by ʼn kitsbank beroof het.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is die verdagtes opgemerk deur polisielede by ʼn kitsbank in St. Jamesweg, Seepunt, nadat hulle glo verdag opgetree het. “Die polisielede het gesien hoe hulle glo die slagoffer van ʼn bankkaart beroof en van die toneel vlug in ʼn Volkswagen Polo,” het Traut gesê.

Volgens Traut het die vermeende boewe in hul haas om weg te kom, amper ʼn polisiebeampte omgery. “Hulle is egter in hegtenis geneem.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 29 jaar oud, sal in aanhouding bly tot hul hofverskyning. Hulle sal tereg staan op aanklagte van roof, poging tot moord en roekelose en of nalatige bestuur.

Traut het gesê die moontlikheid dat die verdagtes by kaartkloning betrokke is, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dee ·

Net so nuuskierige vragie en verskoon as dit dom klink maar ek wil graag weet:
Is dit verdagte optrede om ‘n slagoffer van ‘n bankkaart te beroof en dan van die toneel te vlug in ‘n Volkswagen Polo? (verdomp ek meen, het julle die kar se papiere nagegaan? Dit kon eerlik gekoop gewees het!)

CHRISTA ·

Soos ek dit verstaan is hulle gearresteer omdat hulle amper ‘n pollisiebeampte omgery het! Daarna het die polisie seker die gesteelde kaarte in hulle besit gekry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.