Vermeende Kosmos-skieter Woensdag weer in hof

Brits-landdroshof (Foto: Maroela Media)

Paul Prinsloo, die 61-jarige man wat van die dubbelmoord op sy vrou, Catherina Magdalena Prinsloo (58), en stiefdogter, Ruzanne Weideman (31), beskuldig word, sal Woensdag weer in die Brits-landdroshof verskyn.

Hy sal na verwagting om borgtog aansoek doen.

Prinsloo word daarvan beskuldig dat hy verlede Maandag vir Magdalena en toe vir Ruzanne by die gesin se huis op Kosmos in Noordwes doodgeskiet het.

Ruzanne Weideman en haar ma, Magdalena Prinsloo (Foto: Facebook/Ruzanne Weideman)

ʼn Bron het vroeër gesê daar was glo kort voor die skietvoorval ʼn rusie tussen Paul en Magdalena. Hy het hierna na bewering sy jaggeweer gaan haal en albei vroue doodgeskiet.

Die voorval het glo voor Ruzanne se sesjarige dogtertjie afgespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.