Vermeende kriminele deur polisie doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Vier mans is Woensdagaand in Durban se Mariannridge-omgewing dood tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag gesê beamptes van die Malvern-polisiestasie het roetinepatrollie in die gebied gedoen toe hulle ʼn verdagte voertuig met vyf insittendes opgemerk het. “Die beamptes het gepoog om die voertuig van die pad af te trek, waarna die persone weggejaag het,” het Zwane gesê.

Die polisie het die voertuig agternagesit. “Die verdagtes het in Old Richmondweg op die polisie losgebrand, en die polisie het teruggeskiet,” het Zwane bygevoeg.

Vier van die vyf mans is noodlottig gewond, die vyfde persoon het daarin geslaag om te ontsnap.

Die polisie het beslag gelê op vier vuurwapens. Die vuurwapens is vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit aan ander misdade gekoppel kan word.

Dit is in die stadium nog nie bekend of die voertuig waarin die mans gery het gesteel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.