Vermeende Krugerrand-boef ná 10 jaar gevang

’n Krugerrand. (Foto: Gruener Panda via Wikimedia Commons)

’n 54-jarige man wat die polisie al 10 jaar ontwyk, is Donderdag in verband met die diefstal van Krugerrande ter waarde van sowat R7,8 miljoen in hegtenis geneem.

Die verdagte, wat sedert 2012 voortvlugtend was, is omstreeks 10:00 by ʼn huis in Wildernis in die Wes-Kaap aangekeer.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die beweerde misdrywe tussen Mei 2011 en Maart 2012 plaasgevind.

Die verdagte het glo by ʼn bank in Knysna gewerk waar hy aangebied het en getaak was om die Krugerrande namens die eienaar daarvan te bewaar.

“Toe sy die Krugerrande terugvra, het die verdagte geweier om dit terug te gee. Sy het gevolglik ʼn klag van diefstal teen die verdagte aanhangig gemaak.

“Hy sal Vrydag op aanklagte van diefstal in die Knysna-landdroshof verskyn.”

Dit is nie duidelik of enige van die Krugerrande teruggevind is of wat die presiese ooreenkoms destyds tussen die klaer en die verdagte was nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

As ek kruger rande het sal ek dit verseker alleen oppas en nie aan iemand anders toevertrou nie. Seker is al die muntstukke al verkoop.

Christine ·

Moet niks waardevols by banke vir bewaring inhandig nie. Dit is net nie meer veilig nie. Personeel werk saam met scammers en deel die buit. Wonder wat het geword van die groot FNB diefstal van veilige bewarings van ‘n paar jaar gelede. Als was op kamera, ook die personeel wat betrokke was. Hoop hulle sit almal agter tralies. Die onetiese en swak morele kode van sommige werkers is skandalig. Dink sekeres word daarsonder gebore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.