Vermeende lede van kapingsindikaat gestuit

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Twee verdagtes wat vermoedelik lede van ʼn vragmotorkapingsindikaat is, is in die Tembisa-omgewing in Gauteng aangekeer kort nadat ʼn vragmotor Dinsdag daar gekaap is.

“Die vragmotor is na bewering naby die Tembisa Mall gekaap deur [mense in] ʼn ongemerkte wit voertuig met blou ligte. Fidelity se spesialisintervensie-eenheid is ingeroep om dit te herwin,” lui ʼn verklaring van die veiligheidsmaatskappy.

In hierdie stadium was die polisie en ander veiligheidsbeamptes reeds op die toneel en die vragmotor het steeds gestaan en luier.

Volgens ADT was alles reeds gereed om die sleepwa af te haak sodat ʼn ander vragmotor daaraan gekoppel kon word. “Dit was duidelik dat die verdagtes agter die vrag aan boord was.”

Wahl Bartmann, hoof van die Fidelity Services Group, sê lede van die span op die toneel het gesien hoe ʼn vragmotor uit ʼn sypad kom. Die vragmotor en twee verdagtes is voorgekeer.

Die voertuig is deursoek en ʼn seinversteurder, voertuigbattery, handskoene, glimbaadjie, oorpakbaadjie, vuurwapen en verskeie selfone is gevind.

Albei verdagtes is aangehou en die vragmotor en ʼn silwer Honda Jazz is na die skut in Benoni geneem. Verdere ondersoek het gewys die voertuie word verbind met minstens een ander kaping wat op 4 Oktober in Kempton Park plaasgevind het.

“Ek wil alle partye betrokke by die aankeer van die verdagtes loof. Samewerking is deurslaggewend om misdadigers agter tralies te kry en ons is dankbaar vir almal wat saamgewerk het om die herwinning ʼn sukses te maak,” sê Bartmann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Di ·

Kriminele, “you can run but you can’t hide” Een of ander tyd haal jou sondes jou in! As ek die nuus lees elke dag lyk dit of daar meer kriminele in hierdie land is as wet gehoorsame burgers. DANKIE ANC Regering, dit is al wat julle nog kon regkry in 27jaar, meer kriminele in die land!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.