Vermeende ‘lughawerowers’ vasgetrek

Argieffoto

Twee vermeende rowers wat mense glo van die OR Tambo Internasionale Lughawe af agtervolg en dan beroof is Maandag in die vroeë oggendure in Johannesburg vasgetrek.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê dié sukses volg op ʼn gesamentlike poging deur beamptes van die polisie se nasionale ondersoekeenheid en blitspatrollie.

“Die polisie het inligting ontvang dat ʼn groep mans in ʼn wit Mercedes Benz ML reisigers wat by die lughawe land, teiken. Die spanne het die inligting opgevolg en die Mercedes opgemerk toe dit die lughawe verlaat het,” het Naidoo gesê.

Die polisie het gepoog om die voertuig voor te keer en tot stilstand te dwing, maar dit het tot ʼn skietgeveg op die N3-snelweg naby die Marlboro-afrit gelei.

Een verdagte is tydens die voorval doodgeskiet.

“Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens en die Mercedes wat in Oktober vanjaar in Norwood as gekaap aangemeld is.”

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie en gewapende roof. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit met ander misdrywe verbind kan word.

Naidoo het gesê die moontlikheid bestaan dat die verdagtes verbind kan word met minstens vyf rooftogte waarin slagoffers van die lughawe af agtervolg en beroof is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestander ·

Dit maak die rowers meer vasberade vir hul misdade.!!!!!

Speedguard ·

Welgedaan, dankie vir die mense wat nog hul werk doen en nie net werk toe gaan nie !!

snoefie ·

laat my wonder, wanneer het hulle al die inligting gekry.

Erika Potgieter ·

Welgedaan…maar hoekom is die klag van poging tot moord nie ingesluit nie? – as jy skiet op ‘n polisieman is dit tog poging tot moord? Of sit ek die pot mis?

Alida ·

Mooi man! Mens is te bang om jou kinders daar te gaan haal. 3de wereld maniere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.