Vermeende mensehandelaars aangekeer

Die Ethiopiese burgers wat uit die bus gered is (Foto verskaf deur die TMPD)

Twee vermeende mensehandelaars is Woensdag in Pretoria in hegtenis geneem.

“Die twee verdagtes is omstreeks 15:15 deur die Tshwane-metropolisie se honde-eenheid in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklag dat hulle 21 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers in ʼn bus na Johannesburg wou smokkel,” sê Grandi Theunissen, Tshwane-burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid.

Die twee verdagtes word tans by die Moot-polisiestasie aangehou.

Die Ethiopiese burgers word deur intelligensie- en immigrasie-agentskappe ondervra.

“Die inhegtenisnemings en samewerking met die SAPD benadruk die toewyding van owerhede om hierdie skending van menseregte teen te staan,” voeg Theunissen by. “Namens die koalisieregering in Tshwane wil ek die TMPD-beamptes bedank wat verantwoordelik is vir die inhegtenisnemings. Deur waaksaamheid en ʼn vinnige ontplooiing van hulpbronne, was hul pogings, om mensehandel te takel, uiters suksesvol.”

Die publiek word gemaan om enige verdagte aktiwiteit van mensehandel of verwante aktiwiteit aan te meld by 10111 of by ʼn plaaslike polisiestasie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Mensehandel is erger as moord, veral kinders. Gooi weg die sleutel.

ES ·

Dis waarskynlik nie “mensehandel” nie – hierdie mense is hierheen gebring sodat hulle onwettig in ons land kan kom bly en misdaad te pleeg.

Nici ·

Dalk het die mense wat ‘gered’ is buskaartjies gekoop en is hulle vrywillige onwettige immigrante? Dalk gee die aanklag van mensehandel vir die polisie meer mag om die busbestuurders lank toe te sluit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.