Vermeende misdadiger (37) pleeg selfmoord toe polisie hom vastrek

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 37-jarige vermeende misdadiger van Limpopo het sy eie lewe geneem toe lede van die polisie ná ʼn grootskaalse soektog daarin geslaag het om hom vas te trek.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die man is in die Muledane-area in ʼn huurhuis vasgetrek.

“Die polisie het hom beveel om die deur oop te maak. Hy het egter geweier, en ʼn geweerskoot kon van binne die huis gehoor word,” sê Ngoepe.

Polisielede het gedwonge toegang tot die huis verkry en die man, wat reeds dood was, aangetref.

Die vermeende misdadiger is gesoek in verband met talle kapings, asook besigheids- en huisrooftogte. Hy het glo misdade gepleeg in Makhado, Hlanganani en Thohoyandou in Limpopo.

“Die oorlede is geïdentifiseer as die mees gesoekte verdagte,” sê Ngoepe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

broos ·

kan hulle dit almal nie maar so maklik maak nie? ons sal baie tax-geld spaar om van tyd nie eers te praat nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.