Vermeende moordenaar deur polisie doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man wat in verband met verskeie moordsake gesoek is, is Donderdagnag tydens ʼn skietgeveg met die polisie in Durban doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die skietery het kort voor middernag naby die bekende John Ross House in Durban se Margaret Mncadi-laan plaasgevind.

Speurders was besig om inligting op te volg in verband met verskeie moordsake in Mpumalanga. Hulle het twee mans in ʼn blou VW Golf genader toe die mans op hulle losgebrand het. Die speurders het teruggeskiet en een van die mans is doodgeskiet. Die tweede verdagte is in hegtenis geneem.

Twee ongelisensieerde vuurwapens is in die motor gevind.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die toneel ontbied, maar die moordverdagte het reeds met hul aankoms aan sy wonde beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.