Vermeende moordenaar hang homself glo

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die man wat vermoedelik sy vrou en twee seuns vermoor het, se liggaam is gevind waar dit aan ʼn boom in ʼn veld naby Sasolburg gehang het.

Die polisie in Zamdela buite Sasolburg in die Vrystaat het Dinsdag omtrent 08:00 op Andrew Mpo Mokhoro (42) se liggaam aan die boom in ʼn nywerheidsgebied afgekom. Hy word verbind met die moord op sy 37-jarige vrou en twee seuns, onderskeidelike twee en nege jaar oud. Dié drie se liggame is Sondag 17 Mei in die slaapkamer van ʼn huis in Zamdela ontdek. Volgens die polisie lyk dit of al drie van hulle met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is.

“’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat hulle tussen Saterdag 22:00 en Sondag 05:00 doodgemaak is,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat. ʼn Sestienjarige seun, wat ook ten tye van die moorde in die huis was, is ongedeerd. “Die vrou se man en pa van die kinders was nie Sondag tuis nie en die polisie het na hom begin soek,” het Makhele gesê.

Volgens Makhele vermoed die polisie nie in dié stadium enige vuilspel met betrekking tot die man se dood nie, maar ʼn geregtelike ondersoek na sy dood sal gedoen word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan ·

Dit is seker die eerste saak wat cele se mane die jaar opgelos het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.