Vermeende moordenaar hoor vandag sy lot

‘n Volgepakte hooggeregshof in Port Elizabeth tydens ’n vorige uitspraak. Foto: Facebook

Uitspraak word Maandag verwag in die hooggeregshof in Port Elizabeth in die saak waarin ʼn 40-jarige man tereg staan vir die wrede moord op sy vrou en ʼn aanval op hul seun.

Minder as ʼn maand voordat Marilyn Stebuys na bewering deur haar man doodgeslaan is, het sy ʼn tussentydse beskermingsbevel teen hom gekry omdat sy bevrees was hy sou haar en hul kinders leed aandoen.

Sy is in Junie 2016 vermoor. Dene Stebuys staan tereg op haar moord, twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, aanranding en die oortreding van ʼn beskermingsbevel.

Die staat voer aan dat Marilyn op 5 Junie 2016 naby ʼn sportkompleks op Humansdorp saam met ene Jonathan Gabani gestap het, toe Stebuys skielik opgedaag en Gabani aangeval het.

Volgens die staat het Marilyn se man haar gegryp en met ʼn klip geslaan toe sy weier om saam met hom te gaan.

Volgens die staat het Marilyn se man haar gegryp en met ʼn klip geslaan toe sy weier om saam met hom te gaan. Haar liggaam is later in bosse naby die sportkompleks gekry.

Hul kinders, wat albei tydens die verhoor as staatsgetuies getuig het, is nou in die sorg van hul grootouers.

Stebuys het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en is op die oomblik uit op borgtog.

Die staat voer aan dat hy nie net sy vrou doodgeslaan het nie, maar ook sy eie seun, Denwin (16), met ʼn mes gesteek het toe die tiener tussenbeide wou tree om sy ma te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ena ·

Ek stem saam met jou Theresa B. Dis tyd dat die doodstraf terug kom.

Cherokee ·

Pensionaris, tydens die vorige bedeling was ek n die huis van ‘n terdoodveroordeelde wat op borg was. ‘n Blanke. Sy straf is later verlig.

Nettie ·

@Theresa B en Ena, wil julle REGTIG die mag van besluit omtrent DOOD of LEWE in onbevoegde regters, waarvan daar talle in die relatief-onbevoegde regstelsel van die huidige SA is, plaas? Dan sal mense soos die Doodskis-2 en Coligny-2 beslis die doodstraf opgelê word. Wees versigtig waarvoor julle wens. Dit is bewese dat die moontlikheid van doodstraf nie oortreders afskrik van hul misdade nie, veral nie in SA – waar skuldiges of beweerde skuldiges so maklik soos 1-2-3 oor die “grense” kan vlug nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.